Tippie se eerste boek-reeks (bokspak)
Lapa en BluJeans Books, Wanda Hartzenberg
https://www.lapa.co.za/catalogsearch/result/?q=Tippie+se+eerste+boek-reeks
Beskikbaar - April 2024 - Tippie se eerste boke-reeks
Tippie is nou beskikbaar in boeke vir babas en kleuters!
Hierdie reeks deur Jose Palmer, is vol kleurryke illustrasies, snaakse karakters en verspotte stories wat beide kleuters en ouers sal laat giggel van plesier.
In Tippie se eerste boek oor troeteldiere is Tippie op soek na die perfekte troeteldier. Tippie kan kies uit ‘n paar vreemde diere….
Tippie se eerste boek oor kleure is ‘n ontploffing van emosies in volle kleur. Bo en behalwe Palmer is Reinette Lombard ook betrokke by die boek reeks.
Tippie se eerste boek oor teenoorgesteldes. Waarmee is Tippie en Robin nou weer mee besig. Nandi Lessing-Venter se bydrae saam die ander twee skrywers sal tog nie dat Tippie als wat hy moet doen in die teenoorgestelde aksies laat uitspeel nie? Natuurlik sal hulle. Dit beloof om meer as een giggel te laat opborrel.
Tippie se eerste boek oor syfers is vol rumoerige pret! Hoe kan syfers rumoerig wees, lees die boek met illustrasies deur Zinelda McDonald om uittevind.
Tippie se eerste boek oor klanke is ‘n prettige reis deur ‘n verskeidenheid van snaakse geluide? Watse geluid maak Tippie?
Die Afrikaanse “Leer my lees” boeke het reeds meer as 1,070,000 eksemplare verkoop, terwyl die Engelse “Learn to read” meer as 295,00 eksemplare verkoop het.
Kontak ons vandag om die bokspak vooraf te bestel vir April.