Gert & Joey: Nuwe lig op ‘n raaisel van dertig jaar
Vir Suid-Afrikaners het hierdie begrippe sinoniem geword met die name van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff. In die dertig jaar sedert die tragiese verdwyning van ses jong skoolmeisies en die dramatiese skietdood van die land se berugste egpaar, hang onbeant- woorde vrae steeds in die lug. Die makabere raaisels wat hulle agtergelaat het, het nie saam met hulle gesterf nie.
Joernalis Pieter van Zyl gee in hierdie boek, waarvoor hy eksklusiewe toegang tot Huisgenoot se uitgebreide argief gehad het, ’n volledige oorsig oor dié voortslepende sage. Rolspelers wat direk by die saak betrokke is en was, se insigte en ervarings word betrek om opnuut sin van die tragedie te probeer maak. Naasbestaandes van die meisies wat verdwyn het, asook dié van Van Rooyen en Haarhoff, is deur die skrywer genader. Kenners, waaronder sielkundiges, kriminoloë, baasspeurders, handskrifontleders en selfs sieners, verskaf ’n sonderlinge blik op die gebeure wat by Suid-Afrikaners blý spook.
Die tragedie verkry ’n nuwe dimensie wanneer dit beskou word teen die agtergrond van Suid-Afrika drie dekades gelede. Dit blyk ook dat Van Rooyen en Haarhoff nie in isolasie kon optree nie, maar waarskynlik deel was van ’n uitgebreide misdaadnetwerk.
Hiertoe boek sal niemand koud laat nie.
Wat ek gedink het van die boek:
Nou ja. Meeste van Suid Afrikaners ken vir Oom Gert van Rooyen. Hy en Joey was snags gelykstaande aan die Boogyman as jy nie wou gaan slaap nie. Bedags was hulle die mense vir wie jy moes uitkyk. Die ‘vreemde’ mense met wie jy nie mag praat in die openbaar nie. Daar is nie regtig veel mense wat die details onthou van die saak nie. Die wat onthou was wat hulle ouers vir hulle vertel het of iemand wat hulle ken. In hierdie boek word baie van daardie detail wat verlore gegaan het in oorvertellings, verhaal. Dan kom ‘n mens agter wat werklik gebeur het en hoekom jy as kind gewaarsku was teen die mense en mense soos die.
Sodra jy die boek klaar gelees het, skryf jy vir jou ouers ‘n dankie se briefie omdat hulle jou gewaarsku het teen die mense en veilig gehou het bo op dit alles. Die boek laat regtig niemand onaangeraak nie.