Resensie: Leer my ken – Louise Van Der Merwe
Romanza Stoom 18+
#LAPA boek gelees en resensie geskryf deur Wanda Hartzenberg
Ouderdomsbeperking 18+
Resensie van Leer my ken deur Louise Van der Merwe
Wanda Hartzenberg
Oor die boek:
Marina wil so graag ’n sorgelose jeug hê, maar geld – of eerder die gebrek daaraan – staan in haar pad. Dan stap haar buurvrou se broer, Riaan, by haar lewe in. Riaan is ’n musikant met ’n groot geleentheid wat vir hom in Amerika wag. Hy weet dus ’n langtermynverhouding met Marina is buite die kwessie, maar hy gebruik die kans om haar anders te laat kyk na álles in die lewe. In die proses stamp hulle koppe, maar vind mekaar ook onweerstaanbaar. Intussen kruip die datum nader wanneer Riaan na Amerika moet terugkeer. Gaan hy sy groot droom vir Marina laat vaar? Of gaan Marina instem tot ’n onkonvensionele reëling?
Resensie:
Ek het die storie baie geniet. Dit was inderdaad stoom-werdig en tien teen een die mees eksplisiete tonele wat ek nog in ‘n romanza teegekom het, veral in Afrikaans. Tog is dit nerens goedkoop, bar of afsittend nie. (Ek is nie een van die mense wat 50 Shades of Grey geniet het nie – ek het al drie boeke gelees net omdat ek, soos soveel ander, nie kan wegkyk van ‘n treinongeluk nie). Hierdie was veel meer my styl.
Ek was gek oor die musiek trivia wat in die storie ingebou is. Bravo daarvoor! Ek het nooit geweet van Axel nie… baie interessant. Die boek het daarin geslaag om as ontspanning te dien, en boonop weet ek nou iets wat ek nie voorheen geweet het nie. Bravo, Louise Van der Merwe!
Aantal bladsye: 129
Gepubliseer op: 1 Maart 2024