Resensie van Sonder Bagasie deur Elsa Winckler

Resensie gedoen deur Karen Brits

Sonder bagasie by Elsa Winckler | Goodreads

Sonder Bagasie deur Elsa Winckler

Lisa ontmoet haar nuwe baas voor sy weet wie hy is. Terug by die werk kom sy agter die nuwe baas is niemand anders as die sexy man wat sand in haar mond geskop het nie.

Die heldin koop aandele in die maatskappy, ry ‘n Harley Davidson en leef haar eie lewe. Geen sprokiesprinses of ‘n pop wat wag om op die nuwe bestuurshoof se skoot te klim nie (hoewel sy twee inmengerige susters het ;). Die Kaapse paaie waar sy ry, is prentjiemooi en maak mens voel asof jy daar is. Ook beleef mens die nagevolge van Peet se disfunksionele kinderjare.

Voorwaar iemand met wie lesers kan identifiseer. Dis ‘n lekker lees!