Afrikaans Afrikaans memoires nie fiksie ware gebeure
Ek wil he jy moet weet – Susan Lemmer
Resensie gedoen deur Hantie Hartzenberg
Vir verdere inligting oor die boek: Ek Wil He Jy Moet Weet… by Susan Lemmer | Goodreads
Ek Wil He Jy Moet Weet…
Vir meer inligting oor die skrywer: Susan Lemmer
Wat ek gedink het van die boek:
Reg. Ek sien daar is geen resensies op Goodreads nie, so mag ek die eerste wees.
My liewe tannie Lemmer, ek het jou boek, sowel as Cezanne se boek en glo dit Johan Lemmer se boek gelees. Saam vorm dit ‘n baie interessante prentjie.
Nou is ek in twee geskeur. Want manupilasie is ‘n familie sport. Gelukkig is geweld nie. Maar dis waar my skeur inkom. Ek het besluit om dit wortel en tak uit my lewe te verwyder. Glo my, ek is ‘n meester met manupilasie. Nou jy het die kans gehad om dit te stop. Waarom het jy nie? Cezanne het die kans gehad. Waarom het sy nie? Nou dis net wat ek dink. Ek dink julle albei het net te lekker gespeel met dit. En met dit, bedoel ek mense se lewens. Kyk bietjie na die gevolge daarvan.
Ek manupileer jou om vir my winkel toe te gaan. Jy stem in, en daar mis jy ‘n afspraak wat bitter belangrik was vir jou. Terwyl ek geweet het van jou afspraak het ek My belange voor joune gestel.
Dis wat manupilasie is. Selfsug. Dis al waarop dit neerkom. Al kyk jy hoe na dit. Nou julle albei is meesterlik daarmee. En daarvoor gee ek julle krediet.
Ek’s bitter jammer om te hoor van jou tweede huwelik wat skeef geloop het, dit was ‘n bad een en eks jammer om te hoor van jou warboel emosies wat jy deur gemaak het met Visser ens, maar ek kannie myself so ver kry om enigsins empatie vir julle te verwek nie.
Die boek is baie mooi geskryf en baie mooi versier, nog ‘n punt, maar dis hoe ver dit gaan.
Baie dankie vir julle al drie se insigte, ek verstaan die storie van Adv Barbie baie beter.