Afrikaans Fiction, Review Afrikaans Fiksie Ligte leesstof Mara Merida Fitzpatrick
Mara deur Merida Fitzpatrick
Resensie gedoen deur Hantie Hartzenberg
Mara (Afrikaans Edition) by Marida Fitzpatrick | Goodreads
Mara
Oor net twee dinge is Rakie Bouwer seker: Haar broer is as kind dood, en sy moet uitvind hóé. Die soektog stuur haar op verborge paaie na haar verlede – waar familiegeheime gevaarlik lê en skuil. Intussen daag haar tweelingsuster, Mara, ongenooid op . . . Wat probeer Mara wegsteek en hoekom? Terwyl Rakie desperaat probeer om antwoorde te kry, loop sy die gevaar om haarself te vernietig. Want eindelik is die skrikwekkendste vraag van almal: Wat is donkerder as jou eie bloed?
Wat ek gedink het van die boek:
Ek het die boek al n paar weke terug gelees, maar het nog niks gese nie. My vrou het dit nog nie gelees nie, so as ek iets se, gaan ek die hele geheim weg gee.
Ons het Merida ontmoet by die bekendstelling van haar boek, Mara. Dit was net toe Exclusive Books in The Grove oopgemaak het. Ons het met haar gesels en sy is ‘n lieflike mens. ‘n Verdwaalde sonnestraaltjie in die donker. Sy het in die onderhoud gese die boek is donker. Op daardie stadium het ek en vroulief soveel donker boeke gelees as “ligte leesstof” dat ons gedink het, wel nog een sal nie skade doen nie.
Ek het toe die boek gevat en begin lees.
Nou op ‘n vorige keer het ek genoem van Die Soenoffer deur Isa Konrad en Die Goeie Suster deur Henda Olivier. Mense…… Ek gaan nie die geheim weg gee nie, julle sal self moet lees. Donker is dit beslis.
Merida…. Ek gaan jou agterent skop. Jy sal nog moet skryf. Hierdie boek van jou is soos om ‘n kind ‘n lekkie roomys te gee en dit dan weg te vat.
Ons wag in spanning vir jou volgende boek.
Hier is die voorblad van Mara.
Gaan kry joune en lees. Ek gee die boek ‘n volle 5 ster.