Vuil Ferdie-Modder vertaal deur Jaco Jacobs.
Indruk geskryf vir BluJeans Books deur Wanda Hartzenberg
Vuil Ferdie
Ek het Vuil Ferdie – Modder met ‘n oop kop begin lees, sonder om ooit die Dirty Bertie-reeks te lees. Ek was mal daaroor! Die drie stories, Modder, Kaas en Spook, is propvol avontuur en grappige oomblikke. Willem Weet-Als is ‘n tipiese klein agterent snuwwende klein klikkie bek. Sonder hom sou Ferdie se lewe soveel makliker gewees het, maar nee. Dink hier aan Lex Luther maar met ‘n paar haartjies. Die sketse van Juffrou Kotze het my aan my eie verlede laat terugdink aand ‘n juffrou met die van, Hoogenboesem. O ja en Joos Zuurman— Daar’s nou’n suurpikkie wat ons almal ken uit skooldae.
Ek het die stories regtig geniet. Modder, Kaas en Spook spreek beide seuns en meisies aan, dit is egter die tweede storie – Kaas wat met die loure weg stap volgens my in die boek. Dit was iets wat met ons almal al gebeur het telkemale. Tegnies omdat ek nie die Dirty Bertie-boeke gelees nie, kan ek my beswaarlik uitlaat oor Jaco Jacobs se vertaling, dog vloei die Afrikaans lekker en selfs Modder, ‘n boek wat ook sokker gaan, ‘n spel waarvan ek maar min weet lees met gemak en maak deurentyd sin. Spook—’n tipiese storie van seuns wat wil mans wees, Knoffel, Ferdie se familie se steek haar brakkie, steek ‘n stokkie in die wiele van hulle planne. So ek het genoem ek kan myself inderwaarheid nie uitlaat oor die vertalings werk nie, maar helaas hier gaan ek al weer-Jaco Jacobs ‘n meester in vertaling te wees. Hy het ‘n unieke manier om die Engelse kinderliteratuur na Afrikaans te bring met die oorspronklike humor en gees intak.
Die reeks waarop die Vuil Ferdie boeke geskoei word is die Britse reeks, Dirty Bertie-deur Alan MacDonald, geïllustreer deur David Roberts, dit is ‘n versameling humoristiese kinderboeke wat oor Bertie, ‘n seuntjie wat altyd in die moeilikheid beland, gaan. Die reeks is bekend vir sy speelse en betrokke narratief, wat jong lesers met humoristies avonture boei. Temas soos kattekwaad, humor, probleemoplossing, vriendskap en alledaagse avonture loop deur die reeks.