Resensie van Paradys deur Leon van Nierop
resensie gedoen deur Karen Brits
Paradys by Leon van Nierop | Goodreads
Paradys deur Leon van Nierop
Paradys bevat een van die mooiste Afrikaanse liefdesbriewe wat ek nog gelees het: die joernaal wat Larissa Lategan se pa tydens sy vlug na Paradys en sy hofmakery gehou het. Hy het vir sy vrou geskryf sodat sy van sy geheime verlede kan uitvind, maar omdat sy saam met hom in die motorongeluk oorlede is, lees Larissa dit saans as sy alleen in die plaashuis agterbly. Die roman is geset om die donker kant van draaiboekskryf te belig, waarvan die skrywer vermoedelik heelwat weet. Ook speel die effek van grondeise op grondeienaarskap ‘n rol in die plotontwikkeling.
‘n Goeie spanningslyn wat in amperse duplikaat met die huidige geslag loop met totaal verskillende uitkomste.
‘n Lekker lees!