Resensie van: Liefde agter tralies – Carla van der Spuy

Twee sterre vir die die boek. Resensie deur Wanda Hartzenberg

My vrou se resensie. https://blujeansbooks.co.za/liefde-agter-tralies-carla-vd-spuy/

Liefde agter tralies-Carla van der Spuy 

Titel: Liefde agter tralies 
Skrywer: Carla van der Spuy 
Uitgewer: Tafelberg (NB-Uitgewers) 
ISBN: 9780624087007 

 

Julle, ek wou baie graag van die boek gehou het. Hoekom sou ek nie? 

Dit is Suid-Afrikaners se stories deur ‘n Suid-Afrikaner geskryf. 

Ware misdaad op die koop toe. Iets wat my altyd laat regop sit en aandag gee.  

Maar nee. 

Die boek, veral die laaste derde van die boek is deurspek met taal, spel, tik, drukkersfoute en selfs die engelse spelling van woorde elke dan en wan. Die taalversorging is power.  

Die deel wat werklik my aandag getrek en gehou het is die begin met die navorsing en dies meer. Daarvoor alleen kry die boek twee en nie een ster nie.  

Die persone met wie onderhoude gevoer is, is ook besonder goed gekies. Maar die onderhoude self laat veel te wense. Ek verstaan die skrywer wou die menslikheid van individue agter tralies na vore laat kom maar die behandeling van die misdade en dies meer het my apaties gelos. Daar was net nie genoeg vleis aan om aan te kou nie. So ek kon nie simpatiseer of empatie verwek nie. 

Die omslag is baie treffend. Dit verdien melding. Dit was deels hoekom ek die boek begin lees het. Jip julle, ek is so oppervlakkig. Die inhoud, wel nee. Ek sal dit nie aanbeveel nie.