Resensie van – Die Goeie Suster deur Henda Olivier

Die Goeie Suster deur Henda Olivier 'n Briljante begin vir wa ek hoop is 'n baie lang loopbaan.

Waaroor gaan die boek? Wat dink ek van die boek? Nou wat nou?

Waaroor gaan die boek?

Die Goeie Suster – Henda Olivier

Mila is seker sy en Markus hoort saam. Die feit dat hy ‘n vrou en kinders het, keer haar nie, want sy het ‘n plan.

Sodra sy haar regmatige plek in Markus se gesin inneem, sal dit nie meer saakmaak nie. Die bloed op die kombuisvloer sal opgewas word, haar pa sal nie meer so streng vir haar frons nie en sy sal weer in haar ma se oë kan kyk. Almal sal haar raaksien vir meer as net die goeie suster. Mila se droomlewe is binne bereik, sy moet net kophou …

Wat dink ek van die boek?

Ek dink die boek was absoluut briljant.  

Ons begin met iets wat alledaags geword het in Suid-Afrika – ‘n plaasaanval.  En van hierdie ondervinding weet ons nou heelwat. Pa was ‘n slawedrywer.  ‘n Harde man wat se woord wet was.  

Ma was ‘n vervoeilikke entjie mens. Post partum sal sekerlik haar verdediging wees.

Mila, ja en Mila was net ‘n kind.

Maar Mila het grootgeword.  Sy het ‘n manier om dinge te stel wat my as leser hardop laat lag het en verskeie van haar dink en dialoog is nou deel van my huistaal.  ALMAL in my huis het die boek gelees.

Mila is ook so effe kens.  Sy erken sy is ‘n bietjie dom, maar sy weet nie eens sy is mal nie.  

So sy is ‘n vrou wat ‘n man begeer wat sy nie kan kry nie, dis geen probleem sy sal hom dophou, sy sal details van sy lewe steel.  Sy sal haarself so in die familie van vyf inwurm dat Markus sal vergeet hy was eens getroud.  

Mila is so effe kens.

So wanneer al bogenoemde goed op die lappe kom, sy ‘n terugflits het van ‘n gebeurtenis in haar kinderdae…. wanneer almal weet sy is siek.  Dan val die storie lyn sumier plat.  Jul, ek was bitter ongelukkig.  Die boek, die konsep het soveel potensiaal gehad…. Die skrywer het my dan die hele tyd aan die kraap rondgesleep vir dit? 

Maar nee.  Blaai om, die skrywer en Mila is steeds nie klaar met die leser nie.  Ook nie met Mila se obsessies nie.

Jip ‘n volmondige 4 * review vanaf my.  Die boek was briljant en ‘n mal vrou en duiwe saam werk soos ‘n droom.

Nou wat nou?

Kom nou Henda Olivier.  Skryf nog ‘n boek.  En dan nog en nog, jy is briljant!

Die Goeie Suster