Resensie van Die Dokter Langsaan

Resensie deur Blujeans Books

Die dokter langsaan (Afrikaans Edition) by Madelie Human | Goodreads

Die Dokter Langsaan

DIE DOKTER LANGSAAN

Deur Madelie Human

Bea Botes het pas klaar gestudeer en begin ’n boek-en-koffiewinkel terwyl sy werk soek. Romantiese verhoudings is nie bo-aan haar lys nie, en sy glo buitendien liefde bestaan net in feëverhale.Terwyl sy met die winkel woeker, begin ’n nuwe dokter sy praktyk langsaan. Bea is glad nie beïndruk met rykmanskind Luke Roux nie. Haar vriendinne terg haar meedoënloos oor die aantreklike dokter, en hy kom met allerhande planne vorendag om Bea se hart te wen, maar sy is ’n Blinkstefaans gaan nie haar voete onder haar uitslaan nie.Sal Bea uiteindelik voor Luke se sjarme swig, of sal haar koppigheid in die pad van hul geluk staan?

 

Wat ek gedink het van die boek:

Eerstens, ek gee die boek ‘n drie ster. Ek verstaan dat die romanzas nie so geskryf word om ‘n karakter goed uit te bult nie. Menende, die karakters is nie regtig gevorm soos in vol romans nie. Die boekies gee slegs jou die storie van daardie tydgleuf in hul lewens.

Dit gese, Madelie het die tydgleuf in Bea en Luke se lewens mooi vasgevang en het ‘n storie vertel wat geloofwaardig is. Die rede daarvoor is, op 22 is en was ons almal maar effe halstarrig en hardkopping. So in daardie opsig is die karakters geloofwaardig. Sou dit my genre van keuse wees, sou ek beslis die boekie gekies het.