Resensie – Eendag op ‘n Maandag deur Chanette Paul

Chanette Paul mense se lekker lees romanse.
Nou maar goed. Laat ons begin by die begin.
 
Julle, ek lees nie romanse nie. Ek is gespeen op Stephen King en Dean Koontz en het van daaraf veel erger skrywers gekry om my te vermaak.
 
Tog, in alle eerlikheid was ek een skool vakansie so siek soos ‘n weerluis wat baba poeier gat loop en snuif het en toe in komberse van my kroontjie tot my toontjie, en al wat hier beskikbaar was in die huis was my suster se versameling mielies en bone en ongeveer 300, Afrikaanse 152 bladsy liefdes romans.
 
Nou kyk as mens ‘n leser is, is ‘n boek in nood ‘n boek soos brood. Ek vaar toe in die spul in. Op bladsy 98 tot 99 vind mens iemand se stuwende borste teen iemand anders se kaal bolyf en dan weet jy, op bladsy 104 stu nie net meer borste nie.
 
Na bogenoemde sessie waarin ek tussen tien en dertien boeke ‘n dag kaf gedraf het was ek so moeg vir seks en bloed op die stoep… ag ek meen romanse, dat ek aktief die genre vermy het.
 
Toe begin ons mos nou met ‘n ding. ‘n Ding wat spring in Gauteng. Deel van die ding is om so veel as moontlik boeke te lees oor so wye ‘n genre en skrywer spektrum as moontlik. En wil jy meer. Ek wen die looitjie vir Eendag op ‘n Maandag deur Chanette Paul.
 
Eers grom, grom begin. Ek meen Chanette Paul het soveel ander awesome boeke wat ek eerder wil lees en niemand is lief vir my nie en ek kan net sowel begin wurms eet en, en, en….
 
Wil jy meer. Daar begin ek hou van die boek. Krinkels in die maan was sweet en oor en verby. Maar Emma…
Nou Emma se storie het meer diepte aan hom gehad. Wanda se liefdeslewe, alhoewel net lig weg vir die leser gewys deur ‘n muskietnet van emosies vanaf Emma, het nog ‘n dimensie gelewer.
Dan is daar daai chef, Mannetjie. Ek is ‘n vrou wat met ‘n vrou getroud is maar jy klink vir my HEEL sosiaal aanvaarbaar hoor. Arme Emma, selfs ek sou voor daai pakkie smulman geswymel het. Wat nog te se van ‘n rooibloed Afrikaner meisie met mans op die brein. Nee wat.
 
Dalk as my sussie die tipe romantiese boeke gehad het destyds sou ek dalk nie die hele spul afgeskryf het as net nog ‘n klomp mors van papier nie. Ek was destyds ‘n genre snob. My naam is Wanda en ek is skaam om te erken dat ek die lesers van die genre veroordeel het …… HELLO WANDA! hoor ek uit die koor van mense voor my…. my storie is uit maar die boek s’n nog nie. Kry ‘n welverdiende 3* vir Krinkels en ‘n 4* vir Vlerke vir ‘n visvrou. Ek rond my sterre af na ‘n goeie vier ster lees.

Eendag op 'n Maandag. Geskryf deur Chanette Paul