Resensie – Die ondenkbare

 

Die ondenkbare

Teen sy sin kom Briel weer in Lüderitz aan. Hy moet ’n moord oplos. Maar mettertyd sit hy met twee lyke. En hoe dieper hy delf hoe nader kom
hy aan daardie ondenkbare somer sewentien jaar gelede.
Goodreads – vir meer inligting klik op die skakel – Die ondenkbare by Isa Konrad | Goodreads
 
Vir meer oor die skrywer – volg die skakel – Isa Konrad (lapa.co.za)  
Die boek titel is presies wat die storie binne vertel. Die ondenkbare. Op soveel vlakke word dit duidelik gemaak. Ek het die soenoffer eerste gelees van Isa Konrad en dit was n uitsonderlike boek. So was ek bietjie bang gewees vir die teleurstelling vn enige van haar ander boeke en het vir n rukkie nie van haar boeke gelees nie. Op n dag besluit ek basta met dit, ek vat een. Ek besluit toe op die ondenkbare. Die storie het vir my bietjie stadig begin en half n huppel in die woud trant gehad, tot die ondenkbare gebeur het. Wel die 1ste in elk geval. Daarna het dit net vermenigvuldig en verdiep. Isa se speel met woorde is fantasties. Elke keer dink jy, dis dit. Dit is die groot sonde, dit is die ondenkbare, tot n hoofstuk verder. Die diepte bly dieper gaan. Dit bly myn tot in jou siel in, en daar gaan plant die storie homself en groei. Ek sal die boek aanbeveel vir enige iemand wat op soek is na n wereld klas skrywer.