Afrikaans Fiction, Review
Offerlam deur Chanette Paul
Resensie gedoen deur Hantie Hartzenberg
Meer inligting oor die boek: Offerlam by Chanette Paul | Goodreads
Offerlam
Wat ek gedink het van die boek:
Ek het op n vorige keer gese ek het Murasie gelees en was mal oor die storie. ‘n Klient van my was vreeslike geintereseer in my resensie maar wou weet oor Chanette se ander boeke. Chanette het toe(kop in een mus met my liewe vrou) voorgestel ek lees die tweeluik Offerlam en Offerhande.
Ek begin by die begin en lees Offerlam.
Die is nie Murasie nie. Dis ook nie ‘n tipiese moordverhaal nie. Dis ook nie ‘n riller nie. Die is ‘n heel ander storie as wat ek die tipiese al van gelees het.
Ek kry vir Caz verskriklik jammer, want when it rains, it pours. Shame. En sussie is ‘n regte tert. Ek sal nie huiwer om met ‘n bus op haar te staan en luier nie.
Nee nie regtig nie mense. Maar mens voel so op ‘n punt. Dieselfde met die polisie man. Ja, dit daar gelaat, voor ek ‘n boek van ‘n resensie skryf.
In my opinie, die boek is ‘n vier ster. Nie so briljant soos Murasie nie, maar ‘n bitter goeie lees. Beslis die moeite werd.
Volgende is Offerande!