Lien se lankstaanskoene – Derick van der Walt

Dankie aan Goodreads vir die informasie

Boekbeskrywing en omslag

Lien verkyk haar aan die posters teen die mure. ‘n Wit koepel en potblou lug en ‘n nog blouer see op ‘n Griekse eiland. Ou geboue in Jerusalem in die sonsondergang. ‘n Straatkafee in Parys met die Eiffeltoring op die agtergrond. Om weg te kom, is moontlik. Dié vreemde plekke het name. ‘n Mens kan daaraan vat. Sy kry hoendervleis.

Vir Lien Jooste het haar matriekjaar onverwags in ‘n nagmerrie ontaard. Dinge by die huis kan nooit weer dieselfde wees nadat alles oornag uitmekaar geval het nie. Om weg te kom, lyk vir haar na die enigste uitweg. Weg van die huis, weg van die aaklige skool waarin sy onverwags beland het, en veral weg van haar ma. Maar om weg te kom, kos geld. Geld wat sy nie het nie …

Lien se lankstaanskoene is die aangrypende verhaal van ‘n matriekmeisie wat te midde van ‘n familiekrisis leer dat ‘n mens meestal slegs twee keuses het: óf jy sink, óf jy swem

 

Lien se Lankstaanskoene 

Resensie 

Deur Hantie Hartzenberg 

 

Ek het n paar jaar gelede die rolprent gekyk en dit was aangrypend. Ek het die jaar die boek gekry in n klein verlate tweedehandse boekwinkeltjie en besluit dit kan nie skade doen om die boek te lees nie. Dit het nie. Inteendeel, die boek het soveel meer impak gehad as wat die rolprent ooit kon bemeester. Net soos in die rolprent vertel die skrywer van ‘n meisiekind wat teen wil en dank nie net oorleef nie, maar vir haar broer en ma sorg. Dit is en sal altyd een van daai boeke bly wat jy sal saamdra tot in der ewigheid toe. 

Die boekiie, nie baie lywig nie, is n vinnige en genotvolle lees. Dit vloei maklik en die woordgebruik is maklik verstaanbaar vir enige persoon. Oud en jonk. Hierdie boek is nie eksklusief vir jong mense nie, so die ouer van dae kan met n geruste hart hierdie een lees en geniet.  

Die karakters in die boek is doodgewone jan allerman. Hulle doen presies wat ons almal sou doen, sou ons in daai situasie vasgevang word. As jy al daar was, dan sal jy presies weet waar Lien se astrantheid vandaan kom.  

DIe skrywer, Derick van der Walt, is ongelukkig oorlede, maar dis n persoon wie se hand ek graag sou wou skud. Al is dit net om te se wel gedaan. Die boek het inderdaad n verskil gemaak. Gaan lees meer oor die skrywer en oor sy ander publikasies op die skakel hier onder. 

skrywer: Derick van der walt

https://storiewerf.co.za/2019/07/11/derick-van-der-walt/