Die Verevrou deur Jan van Tonder

Die verevrou by Jan Van Tonder | Goodreads

Die Verevrou deur Jan van Tonder

Wat het ‘n plaas in die Algerynse Sahara met die Klein Karoo se dorpie De Rust met mekaar te doen? Jan van Tonder weef ‘n storie van twee vroue se lewens: ‘n hele generasie en die Afrikakontinent uitmekaar, maar hul deel ‘n passie vir volstruisvere. Liora Papalato, die meesterplumasier kom soek haar ou vriend en mentor in Suid-Afrika op en ontmoet Candice Amat wat haar dae op stelte deurbring en veersnuisterye aan toeriste smous,
Ek kon die sonsondergang na ‘n sandstorm in die Sahara en die geraas van die Meiringspoortwaterval ervaar maar die beskrywing halt nie die verloop van hul verliese en keuses nie. Die karakters word geen wreedheid of sosiale euwels gespaar nie, maar dis nie ‘n tranetrekker wat aanhou rol in hulpeloosheid en ellende nie. Sommige dele is ontstellend, maar prikkelend geskryf sodat ek oor die vryheidsoorlog in Algerie gaan oplees het.
Dis voorwaar ‘n waardige aanvulling vir enige boekery. Ek sien uit om dit weer te lees om saam met die 6-jarige Liora swaai te ry, welwetende dat haar lewe nie ‘n sorgelose swaairit gaan wees nie.