Die dokter langsaan- Madelie Human

https://www.goodreads.com/book/show/207861792-die-dokter-langsaan

Die dokter langsaan deur Madelie Human.

https://www.lapa.co.za/die-dokter-langsaan

Bestel gerus die boek by Lapa of laat ons weet en ons kan dit via Lapa aan jou besorg.

“Die dokter langsaan” deur Madelie Human is ‘n boek wat my baie nodige ontvlugting gebied het. Dit verdien die vier sterre wat ek daaraan toeken. Dit is pure ontvlugting. Ja, ek het my deel van oogrolle gehad tydens die lees van die boek wanneer ons twee hoof karakters mekaar verkeerd verstaan. Maar is dit nie maar soos die lewe nie? Ons het nooit misverstande oor die groot dinge nie. Nee. Dit is daardie klein jalalsies in die koringveld wat ‘n lawine van emosies ontketen. Hierdie boek was by verre minder dramaties as wat ek nou klink, en dit is ‘n baie goeie ding. Dit sou my gek maak as die skryfwerk so vol tienerangst was soos ek dit nou beskryf. Nee. Hierdie boek het ‘n bietjie drama. ‘n Bietjie, goed, meer as ‘n bietjie romanse, boeke en koffie, die boeke en koffie deel is baie hoog op my lys  van my gunsteling dinge in die wêreld.

Bea Botes het pas klaar gestudeer en begin ‘n boek-en-koffiewinkel terwyl sy werk soek en verder studeer. Romantiese verhoudings is nie bo-aan haar lys van prioriteite nie, en sy glo buitendien liefde bestaan net in feëverhale. Terwyl sy met die winkel woeker, begin ‘n nuwe dokter sy praktyk in die huis langs haar. Bea is glad nie beïndruk met rykmanskind Luke Roux nie. Haar vriendinne terg haar meedoënloos oor die aantreklike dokter, en hy kom met allerhande planne vorendag om Bea se hart te wen, maar sy is onwrikbaar: ‘n Blinkstefaans gaan nie haar voete onder haar uitslaan nie. Sal Bea uiteindelik vir Luke se sjarme swig, of sal haar koppigheid in die pad van hul geluk staan?

Hierdie boek is regtil ‘n lekker lees boek en ek kan dit aanbeveel vir almal wat hou van ‘n bietjie romantiek, ‘n dosis misverstande, en ‘n koppige heldin wat haarself uiteindelik oopmaak vir die moontlikhede van die liefde. Die perfekte leesstof vir ‘n Sondag middag van ontspanning met ‘n koppie koffie.

Die skrywer – Madelie Human

****