Adv Barbie. Wat regtig gebeur het – Johann Lemmer

Resensie deur Hantie en Wanda Hartzenberg

Advokaat Barbie – Wat regtig gebeur het.

Ek het die boek gelees. En alhoewel ek nie so mag praat in die publiek nie, sal ek dit ook nie hier doen nie. Julle salmaar self moet lees om my woede en frustrasie te verstaan. Ek gaan nie n vreeslike uitgebreide resensie lewer nie, want ek mag dalk lasterlik raak. Dr Lemmer, ek’s bitter bly jy het die boek uit gegee deur jou werksplek. Dit sou waaragtig nie deur enige ander editor verby gekom het nie. 

Voordat ek verder gaan, sal ek net hier ophou. Lees die boek. 

Vir n onderhoud met stiefpappie, volg die link: Adv. Barbie kry ‘spreekbeurt’ in boek | News24

Ja, julle lees reg. Stiefpappie.

Oor na Wanda. 

My genade mense.  Kom ek haak sommer net op twee punte vas.  

Volgens die geleerde man en studies wat hy aanhaal is mishandeling slegs mishandeling  – en ek haal hier sommer direk aan – TWO DEFINITIONS OF ABUSE – *An abusive relationship is one in which substantial physical, mental, or emotional harm is inflicted, that is not temporary in nature, and is not clearly compensated for by positive and loving experiences over a long period of time.  By Louise, 1997

So mense Barbie was vergoed.  Baie goed vergoed.  Sy het gedoen wat sy gedoen het en gebly waar sy gebly het oor die geld en aandag wat sy gekry het.  Sy het die mite van Adv Barbie werklik geniet en wil nou se dit was ‘n maaksel van Dirk Prinsloo.  NIEMAND seg die ou is all there nie, mense.  Hy is GLAD nie kosher nie, maar sy biologiese pa word nie bespreek in die boek nie.  Sy biologiese ma, die vrou wat met die ou met al die afkortings getrou het…. word deur die selfde man met al die afkortings onder die bus ingegooi.  Dit was haar skuld jul.  Als.  Sy moes nooit by haar eerste man gebly het nie, sy moes dit en dat.  Want haar dogtertjie het by haar geleer hoe ‘n mens ‘n man hanteer en dat mishandeling net nog ‘n ding is wat gebeur.  Ja, die brose vrou van 24 en nou al seker 44, 45 word nou nog deur haar ma se rokspante beskerm.

Die tweede punt, van seker ‘n goeie honderd wat ek kan aanspreek.  Barbie, ‘n maagd op 24 was die onskuld van self, toe sy haar in die verhouding begewe het maar… die veertien jarige tiener wat al gedrink, gerook, dwelms en seks misbruik het… sy.  Ja SY, mense, ons moet onthou dat vandag se 14 jariges ook nie meer kinders is nie en hul is glad nie naastenby so onskuldig nie.  Is jy egter ‘n skamele 10 jaar ouer dan, ja dan is jy so vars soos ‘n lente blommetjie

Dankie aan die oom met die afkortings en sy eie dogter se blatante manipulasie sommer vanaf die begin van die boek…. geen regdenkende mens…. Is die soort van manupilasie nie al lank terug uit die mode nie? Verskoon my dom vrae.  Ek glo eerder aan die redelikke-mens-toets as die regdenkende-mens-toets.  So ek dop al weer die toets. 

Maar nou ja. 

Die sterre wat die boek verdien….

Vir die manipulasie en die “condescending tone” van die sproki… ag ek meet boek.  0* van my en my vrou af.

Vir die manipulasie op die voorblad met daai vreeslikke onskuldige gesiggie, ek meen mense.  Botter kan nie in daai mondjie smelt nie, 0*.

Vir die “entertainment value” van die boek.  5*.  Dit het ure se diskussie in ons huishouding veroorsaak.  Ons het gelag, ons het gevloek.  Ons het dit bitter baie geniet om punt vir punt uitmekaar te trek.  Te dissekteer.  Om dit om en om te draai en dan om te vloek en skel oor die blatante manupilasie van die nie regdenkende leser nie. 

Vir die vloek en skel gee ek die boek 3*.  Ek sal ten minste tot jaar eind ‘n uur elke aand ekstra langs my bed moet kniel.  My vrou mag heel moontlik nooit weer opstaan nie a.g.v. die taal wat sy gebruik het gedurende die lees van die boek. 

So.  In totaal, as jy die boek wil lees om die ware storie te hoor sal ek dalk nie die boek aanbeveel nie.  Sou jy die boek wil lees om beter insig te kry in hoe arme Barbie selfs nou nog deur mans gebruik word, jip stief pappa se akademiese stempel word goed gevoed deur die boek en Barbie kry net mooi niks daaruit nie…. dan lees die boek.

Die boek kry 3* in totaal.  Dog is dit deur en deur die moeite werd.  Dit is beter as enige sit-com op tv.